YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 tale van die liefdeSample

5 tale van die liefde

DAY 4 OF 7

Luister met empatie Die vermoë om te praat en te luister , is twee diepgaande geskenke van God. Niks is belangriker in ’n verhouding as praat en luister nie. Ope kommunikasie is die lewensbloed wat ’n huwelik gesond hou – wanneer paartjies voortdurend optimisties is en vreugde ervaar. Aan die ander kant maak ’n gebrek aan kommunikasie die deur oop vir ontmoediging en negatiwiteit. Dit klink so eenvoudig. Die probleem is net dat so baie van ons geneig is om veroordelende luisteraars te wees. Ons beoordeel dit wat ons hoor op hoe ons reeds die situasie sien, en ons antwoord bevestig net ons eie oordeel. En dan wonder ons hoekom ons huweliksmaat nie meer met ons praat nie. Vir die meeste van ons vereis effektiewe luister ’n drastiese houdingsverandering. Ons moet verander van egosentriese luister (wanneer ons die gesprek vanuit ons oogpunt beskou) na empatiese luister (wanneer ons die gesprek vanuit ons huweliksmaat se oogpunt beskou). Die doel is om te ontdek hoe ons huweliksmaat ’n situasie ervaar en hoe hy of sy voel. Spreuke 18:15 stel wysheid gelyk aan aandagtig luister. Woorde is die sleutel tot die ander persoon se hart. Luister met die doel om te verstaan, versterk kommunikasie. Here Jesus, ek wil graag met empatie luister in plaas daarvan om met oordeel te luister. Help my asseblief om op my huweliksmaat, en nie op myself nie, te konsentreer wanneer ons gesels. Seën asseblief ons gesprekke.
Day 3Day 5

About this Plan

5 tale van die liefde

Of julle verhouding sterk of sukkelend is, stabiel of uitdagend, hierdie oordenkings sal julle bemoedig en hernude vreugde in mekaar laat vind. Die boublokke van die huwelik – dinge soos goeie kommunikasie – vorm die bas...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy