YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 tale van die liefdeSample

5 tale van die liefde

DAY 5 OF 7

Bou intimiteit deur te luister Wat kry ons wanneer ons na ons huweliksmaat luister? Om te luister, is die deur wat na ons huweliksmaat se hart en gedagtes lei. God het vir Israel gesê: “Ek weet wat Ek vir julle beplan het. Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê” (Jer. 29:11). Maar hoe moes Israel weet wat in God se hart en gedagtes gebeur? Vers 13 en 14 is duidelik daaroor dat hulle Hom toeganklik sal vind as hulle Hom heelhartig soek. God wou hê Israel moet weet wat Hy dink, maar Israel moes ook luister. Wat doen jy wanneer jy begeer om te weet wat in jou huweliksmaat se hart en gedagtes aangaan? Luister is die sleutel tot goeie kommunikasie. Moenie kwaad wees as jou huweliksmaat nie meer spraaksaam is nie. Vra eerder vrae en luister na die antwoorde. Dit sal aan die begin dalk kort antwoorde wees, veral as jou huweliksmaat nie baie spraaksaam is nie. As jou huweliksmaat egter besef dat jy waarlik belangstel, sal sy haar gedagtes begin deel. As jy jou huweliksmaat se gedagtes as interessant, uitdagend en fassinerend beskou, sal hy later meer begin praat. Deur na God te luister, sal jy ook nader aan sy hart beweeg. Deur na jou huweliksmaat te luister, sal julle dieselfde soort intimiteit ervaar. Hemelse Vader, ek is so dankbaar dat ek kan weet as ek na U soek, sal ek U vind. Help my asseblief om net so toegewyd my huweliksmaat te “soek” en te ken. Wys my asseblief hoe om te luister na wat hy of sy sê en hom of haar te waardeer. Mag dit ons verhouding versterk.
Day 4Day 6

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy