YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 tale van die liefdeSample

5 tale van die liefde

DAY 2 OF 7

Deel jou behoeftes Ek wil praat oor om jou behoeftes te deel. Om nie jou behoeftes te deel nie, is ’n bron van misverstand en frustrasie in enige romantiese verhouding. Jy kan nie van jou maat verwag om in behoeftes te voorsien as hy of sy nie weet wat dit is nie – en dit maak die deur oop vir teleurstelling. As jy wil hê jou huweliksmaat moet iets spesiaals vir jou verjaarsdag doen, sê dan so. Moenie verwag dat hy of sy jou gedagtes kan lees nie. In Spreuke 13:12 skets koning Salomo ’n treffende beeld van vervulde en onvervulde begeertes. Natuurlik sal nie elke onvervulde begeerte tot mismoedigheid lei nie, maar die basiese idee is dat wanneer goeie, gesonde behoeftes bevredig word, dit vreugde tot gevolg het. Hoekom sal jy nie dit vir jou huweliksmaat wil doen nie? En hoekom sou jou huweliksmaat dit nie vir jou wil doen nie? Om vir jou huweliksmaat te sê wat jy wil hê, is ’n onontbeerlike deel van selfopenbaring. Baie verklarings openbaar begeertes: “Ek wil … ”, “Ek wens … ”, “Weet jy wat sal my werklik gelukkig maak?” of “Ek sal daarvan hou om … ” As jy eerlik is oor jou begeertes, gee jy jou huweliksmaat die kans om daarin te voorsien. Jy stel nie eise nie, jy versoek. Jy kan nie jou huweliksmaat se besluite beheer nie, maar jy kan duidelik wees oor dit waarvan jy hou. Dit is ’n stap in die rigting van intimiteit. Vader, help my om my behoeftes duidelik te kommunikeer. Ek wil nie veeleisend wees nie, maar ek wil meer van myself openbaar – en die dinge wat vir my belangrik is – aan die een wat ek liefhet. Seën asseblief ons verhouding terwyl ons daarna streef om in mekaar se behoeftes te voorsien.
Day 1Day 3

About this Plan

5 tale van die liefde

Of julle verhouding sterk of sukkelend is, stabiel of uitdagend, hierdie oordenkings sal julle bemoedig en hernude vreugde in mekaar laat vind. Die boublokke van die huwelik – dinge soos goeie kommunikasie – vorm die bas...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy