YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

5 tale van die liefdeSample

5 tale van die liefde

DAY 6 OF 7

Luister eers, reageer dan Die meeste van ons sê heeltemal te vinnig wat ons dink. Ons praat voordat ons regtig geluister het. Trouens, een studie het gevind dat mense ongeveer net 17 sekondes lank na iemand luister voordat hulle hulle onderbreek. Ons kry in die boek Job verskeie voorbeelde van swak luister. Terwyl Job gely het onder siekte, droefheid en verlies, het hy deurgaans beklemtoon dat hy reg voor God gelewe het. Maar sy “vriende” het dit bloot afgemaak en aanhou aandring dat hy een of ander geweldige sonde moes gedoen het dat God toelaat dat hy so ly. Aan die einde raak Job sommer driftig. Ons kan die frustrasie in sy woorde hoor: “As daar maar net iemand was wat na my wou luister!” ’n Goeie luisteraar sal nooit sê wat hy dink totdat hy verstaan wat die ander persoon sê nie. In die huwelik is dit geweldig belangrik. Vra vrae en herhaal wat jy dink jou huweliksmaat sê, vra: “Verstaan ek jou reg?” Slegs wanneer jou huweliksmaat sê: “Ja, ek dink jy verstaan wat ek sê en hoe ek voel,” is julle gereed om aan te beweeg. Jy kan dalk sê: “Ek waardeer dat jy so eerlik met my is. Nou verstaan ek hoekom jy so voel. Kan ek vir jou vertel wat ek gedink het toe ek dit gedoen het? Ek besef nou dat dit wat ek gesê het jou seergemaak het, maar ek wil hê jy moet weet my bedoeling was nooit om jou seer te maak nie.” Jou huweliksmaat sal op hierdie punt gereed wees om te hoor wat jy te sê het omdat jy eers die tyd geneem het om te hoor wat hy of sy regtig sê. Here, ek wil ’n goeie en bedagsame luisteraar wees. Help my asseblief om my huweliksmaat nie te frustreer deur my opinies te vinnig en te sterk te lug nie. Gee my asseblief ore om goed te luister.

Scripture

Day 5Day 7

About this Plan

5 tale van die liefde

Of julle verhouding sterk of sukkelend is, stabiel of uitdagend, hierdie oordenkings sal julle bemoedig en hernude vreugde in mekaar laat vind. Die boublokke van die huwelik – dinge soos goeie kommunikasie – vorm die bas...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy