Blywende Hoopគំរូ

Vertroue om te Wag
Lees: Psalm 31
SOAP: Psalm 31:25
Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.
Oordenking
Hoop op God se karakter is die fondament waarop alle ander hoop gebou is. Om ons hoop op God se karakter te vestig, moet ons sy karakter ken en daaroor nadink. Ons moet onsself aan sy getrouheid herinner. Hoe het God jou al gehelp? Wanneer het Hy sy beloftes aan jou nagekom? Hoe het jy al sy krag in jou lewe aan die werk gesien?
Psalm 31 is 'n pragtige voorbeeld van wat dit beteken om ons hoop op God se karakter te plaas. Die psalmdigter het God se karakter geken. Hy was vertroud met God se getroue dade teenoor Hom persoonlik en teenoor God se volk. Hy was vol vertroue dat God hom weer sou red, omdat God hom in die verlede gered het. Die psalmdigter het geweet waartoe God in staat is want hy het God se karakter geken. Hy het geweet wat hy van God kon vra omdat hy in die verlede gesien het hoe kragtig God werk en op sy gebede reageer. Hy het hom verheug oor God se redding in die verlede en met verwagting uitgesien dat God sy beloftes sou nakom.
Die psalmdigter het God ook aan sy beloftes herinner. Wanneer ons sukkel om God te glo of om sy goedheid en liefde te vertrou, kan ons sy beloftes en werke van die verlede aan Hom ophaal. Sodoende openbaar ons ons geloof, en wys dit ons geloof, en wys dit aan God dat ons Hom glo en vertrou. Wanneer ons sukkel om God te vertrou, kan ons aan enige deel van sy karakter — soos sy liefde of sy regverdigheid — vashou en die krag daaruit put om Hom te bly vertrou.
Hoop is die vertroue om op God te wag wanneer ons nie weet wat die toekoms inhou nie. Wanneer ons deur die vyand omsingel is, deur vrees, twyfel of smart oorweldig is, gee hoop ons die krag om te volhard. Hoop op God se redding herinner ons dat ons 'n God het wat red, 'n God wat goed, liefdevol, deernisvol en regverdig is. Wag vandag op Hom. Hy ken die uitkoms en Hy is reeds besig om jou redding te bewerkstellig.
អត្ថបទគម្ពីរ
អំពីគម្រោងអាននេះ

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More