Spreuke – eenjaarleesplanគំរូ

Vers 15 wys hoe ’n mens se algemene houding jou ervaring beïnvloed. As jy bedruk is, lyk alles sleg. As jy opgewek is, lyk alles goed. Vers 16 wys dat baie besittings nie opmaak vir ’n gebrek aan God se teenwoordigheid nie. Vers 17 wys dat dit ook waar is in ’n verhouding. ’n Mens is tevrede met groente as jy liefde beleef. Die beste kos maak nie op vir onenigheid in ’n verhouding nie.
អត្ថបទគម្ពីរ
អំពីគម្រោងអាននេះ

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More