Spreuke – eenjaarleesplanគំរូ

Vers 24 is een van die min Ou Testamentiese gedeeltes wat direk met die gedagte van die ewige lewe te make het. Die pad van die lewe vir wyses loop “boontoe”, dit wil sê, na die ewige lewe toe. So ontwyk hulle die pad na die doderyk “ondertoe.” Vers 25 beklemtoon die ingrype van die Here om regstelling te bewerk. Hy breek die huis van die hoogmoediges af (kyk na sy optrede teen Agab in sy vergryp aan Nabot se wingerd in 1 Konings 21) en beskerm die grond van die weduwees (’n groep wat ernstig uitgebuit is in antieke tye). Vers 26 beklemtoon die woorde wat die Here se goedkeuring wegdra. Bose planne is vir Hom afskuwelik. Vriendelike woorde is rein, ’n aanduiding van wat in die hart van só ’n persoon aangaan.
អត្ថបទគម្ពីរ
អំពីគម្រោងអាននេះ

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More