"Die Ander Ses" Oordenking Reeks

Bybeldagboek
Nooi Mense Kerk Toe // Afdeling 2: Praat met jou Vriende oor Jesus

Ons is verplig om hierdie ongelooflike geskenk van bekering met ander te deel! Dit is sinneloos om 'n lig onder 'n bak te sit. Net so is dit sinneloos om God te ervaar en nie vir ander van Hom te vertel nie. Ons raak net 'geestelik vet' as ons net op onsself gefokus is. Ons versamel geestelike inligting, maar doen niks daarmee nie. Dit is soos om kennis te hê oor hoe om fiks te word, maar jy sit net heeldag op die rusbank. Dit gaan jou nie help om fiks te word nie. Jy moet jou kennis gebruik.

Paktiese Wenke: Vra God om jou ten minste een geleentheid hierdie week te gee om jou geloof met iemand te deel. In jou gesprekke met ander behoort jy plek in te ruim om te getuig oor jou verhouding met God.