"Die Ander Ses" Oordenking Reeks

Bybeldagboek
Nooi Mense Kerk Toe // Afdeling 2: Praat met jou Vriende oor Jesus

Volgens Petrus behoort ons 'n rede te hê vir ons geloof as ons met ander oor Jesus praat. Hier is die rede: Jesus het ons lewens verander, ons huwelike en ons toekomstige geslagte, met Sy ongelooflike liefde. En Hy kan dit vir ander ook doen! Petrus verduidelik dat ons dit nie in hulle kele moet afdruk of ongeskik wees nie, maar dat ons moet getuig van hoe ons was voor Jesus in ons lewens gekom het en hoe Hy ons verander het.

Praktiese Wenke: Neem vanoggend 'n paar minute en ‘oefen’ om jou storie te vertel – wat jy was voor Jesus, wat gebeur het toe Hy in jou lewe gekom het en wie jy nou is. Wees kort en kragtig.