Leesplan inligting

"Die Ander Ses" Oordenking ReeksVoorbeeld

"The Other Six" Devotional Series

DAG 37 VAN 40

Nooi Mense Kerk Toe // Afdeling 2: Praat met jou Vriende oor Jesus



Net soos dit vir die vroeë kerk was, behoort dit ons natuurlike reaksie ook te wees. In der waarheid sê hulle: "Ons kan nie anders as om ons geloof met ander te deel nie – dit is te wonderlik om vir onsself te hou!" Soos wat dit voorheen gesê is – as jy werklik in die Hemel en die Hel glo, hoe erg moet jy 'n persoon haat om hom of haar nie daarvan te vertel nie?



Ons maak verskoning deur te sê dat ons bang is vir wat mense van ons mag dink of oor ons sal sê, maar in der waarheid is ons net selfsugtig. Wanneer ons Jesus ontmoet, besef ons dat die wêreld nie om ons draai nie en dat dit selfsugtigheid was wat voorheen ons lewens geruïneer het. Kom ons vergeet van onsself en gee eerder om vir die mense in ons lewe wat ver van God af lewe.



Praktiese Wenke: Vra vir God om die "ek kan nie anders as om te vertel nie" gesindheid in jou te plaas.

Dag 36Dag 38

Aangaande hierdie leesplan

"The Other Six" Devotional Series

Hierdie leesplan van 40 dae is opgestel om Christene leiding te gee oor wat dit beteken om Jesus te volg — nie net op 'n Sondag nie, maar ook op ‘Die Ander Ses’ dae van die week.

We would like to thank Journey Church for providing this plan. For more information, please visit: http://JRNY.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid