Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 19 VAN 70

God se Hart Geopenbaar  



Plaas vir 'n oomblik al die teologiese redes hoekom Christus aarde toe gekom het eenkant, en dink slegs aan God se groot liefde vir jou. Hy het jou so liefgehad dat Hy sy glorie en eer neergelê het om Immanuel, die Een wat saam met jou loop, te word. Dink daaroor dat alles van die begin af — van die tuin van Eden tot sy werk in jou eie lewe — deur liefde gemotiveer en beplan is.



Liefde het Hom gemotiveer om te verskyn aan 'n nederige tempel weduwee wat dekade na dekade gebid het vir sy koms. Uit liefde, het God sy skedule so gerangskik, dat Hy die menigte individue wat Hy bedien en genees het, kon ontmoet. Dit was ook uit liefde dat Hy saam met desperate sondaars en vervreemde tollenaars geëet het. Diegene wat deur die samelewing verwerp is, het Hy in sy arms toegevou. Sy lewe was liefde in aksie.



Jesus wys ons die ware hart van God deur tussen ons te woon en ons uit te nooi tot 'n ware, hegte vriendskap met Hom. Hy het nie gekom om te heers en te vernietig nie, maar om almal wat na Hom toe kom, te red en 'n nuwe lewe te bied.



Aktiwiteit: Bel 'n vriend met wie jy lanklaas gepraat het en bring 'n bietjie tyd deur om weer drade op te tel.


Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid