Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 21 VAN 70

Onbeperkte Liefde

God se liefde is nie beperk tot die verlossingservaring nie; dit is deel van elke gebied van die lewe. In die tuin van Eden — selfs nadat Adam en Eva gesondig het — het God nooit sy liefde vir die mensdom laat vaar nie. Hy kon hulle aan hulle eie lot oorgelaat het, maar Hy het dit nie gedoen nie. Hy het hulle liefgehad en was vasbeslote om hulle terug te bring in 'n liefdesverhouding met Homself. Regdeur die Ou Testament sien ons hoe God voortdurend in liefde uitreik, terwyl Hy gedurig voorbereidings tref vir die koms van sy verlossing.

Jesus Christus is die vervulling van daardie ou belofte van volmaakte reddende genade vir die mensdom. Sy geboorte is die Skepper se handgeskrewe brief aan ons, wat sy ewige liefde verklaar, liefde wat aanhou soek en red. Hy kon in die hemel gebly het, ver van die spanning en kwellinge van hierdie gebroke wêreld, maar Hy het geweet dat ons die liefde nodig het wat net Hy kan bied. Terwyl jy dan die geboorte van ons Verlosser vier, dink na oor wat dit vir jou sê oor sy innige liefde vir jou.

Aktiwiteit: Reik uit na 'n familielid of vriend met wie jy moet versoen. Vergewe, omdat God jou eerste vergewe het.

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind. 

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting