Die Onbegryplikheid van God se OneindigheidVoorbeeld

Laat die Skrif self spreek
Openbaring 1:8 (AFR83) – “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.”
1 Timoteus 1:17 (AFR83) – “Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid!”
Psalm 102:25-27 (AFR83) – “Ek sê: “My God, moet my nie in die fleur van my lewe wegneem nie! U is daar deur die geslagte heen. In die voortyd al het U die aarde gevestig en die hemele met u eie hande gemaak. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar U sal bly. Soos ’n kledingstuk verslyt, so sal alles vergaan, soos klere wat uitgedien raak, so sal U alles laat verdwyn.”
Psalm 147:5 (AFR83) – “Ons Here is groot en magtig, sy kennis is onbegrens.”
Jesaja 40:28 (AFR83) – “Die Here is die ewige God… Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.”
Romeine 11:33 (AFR83) – “Hoe ondeurgrondelik is Sy oordele en onnaspeurlik Sy weë!”
Job 36:26 (AFR83) – “God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie, sy jare kan nie bereken word nie.”
Efesiërs 3:20 (AFR83) – “Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink…”
Job 11:7–9 (AFR83) – “Kan jy begryp wie God werklik is? Kan jy die Almagtige ten volle verstaan? Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jý daarby uitkom? Dit is kennis wat dieper is as die doderyk. Hoe kan jy dit bereik? Dit strek verder as die aarde, wyer as die see.”
Psalm 145:3 (AFR83) – “Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.”
Psalm 103:11 (AFR83) – “Want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.”
Psalm 90:2 (AFR83) – “Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!”
Efesiërs 3:8 (AFR83) praat van “die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus” — of soos die NLV dit vertaal: “die eindelose skatte wat beskikbaar is in Christus.”
Aangaande hierdie leesplan

Die oneindigheid van God is een van die eienskappe van God wat moeilik is om te verstaan. Eintlik is dit onmoontlik, want hoe kan dit wat "eindigend" is, die oneindige verstaan. En tog het die Bybel heelwat daaroor te sê. 'n Studie van God se oneindighed sal jou geestelike lewe verdiep en jou dieper in God anker.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com









