Die Onbegryplikheid van God se OneindigheidVoorbeeld

Die gevolge van die bestudering van God se oneindigheid
Wat gebeur met ons wanneer ons God se oneindigheid met met ons menslike harte bestudeer? Wanneer ons in sy oneindige teenwoordigheid kom, verander ons trots (hoogmoed) na aanbidding, verwondering en nederige onderwerping aan Hom.
Baie van ons ly aan grootheidswaan — ’n oordrewe siening van ons eie belangrikheid, mag en identiteit. Om te peins oor die oneindigheid van God, is ’n teenmiddel teen trots en die illusie van ons eie grootsheid.
Een van die grootste wonders vir my is waarom ’n ewige en oneindige God Homself neergebuig het om mense lief te hê wat teen Hom gesondig en teen Hom in opstand gekom het — mense vol swakhede en wat sondig is. Hoe kon hierdie onbeskryflike en ondeurgrondelike Wese sy Seun gee om ons te red en met Hom te versoen?
Een van die maniere om nie moed op te gee wanneer ons die oneindigheid van God bestudeer nie, is om diep te besin oor God se liefde, genade, goedheid, Vaderhart en barmhartigheid en al sy kommunikeerbare eienskappe. Moet egter nie te vinnig na die ander eienskappe van God “hardloop” nie. Ons moet eers toelaat dat sy oneindigheid ons harte aanraak en verander. Om God se oneindigheid te sien, verdiep tegelykertyd ontsag vir God en intimiteit met God.
Dit sal jou geloof laat groei. Ons beperkings as mense staan in skerp kontras met God se onbeperktheid. Deur dieper insig in God se grootheid en ewige bestaan, sal ons geloof versterk word. ’n Gebrek aan begrip van sy oneindigheid verswak ons geloof.
Daar is troos en veiligheid in God se oneindigheid. Ons kan God se vermoë om te help nooit uitput nie. Daar is geen beperking op die hoeveelheid hulpbronne wat Hy het om ons by te staan, te bekragtig en te beskerm nie. God se wysheid en insig om ons met ons probleme te help, is nie beperk nie.
Aangaande hierdie leesplan

Die oneindigheid van God is een van die eienskappe van God wat moeilik is om te verstaan. Eintlik is dit onmoontlik, want hoe kan dit wat "eindigend" is, die oneindige verstaan. En tog het die Bybel heelwat daaroor te sê. 'n Studie van God se oneindighed sal jou geestelike lewe verdiep en jou dieper in God anker.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com







