Die Onbegryplikheid van God se OneindigheidVoorbeeld

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

DAG 5 VAN 7

Wat teoloë, predikers en skrywers gesê het:

Augustinus van Hippo (354-430) het gesê dat God nie eindig of oneindig is in die gewone sin van die woord nie, maar oneindig groter as enige oneindigheid wat die mens kan bedink. Hy het God se oneindigheid beskryf as “die oneindigheid van oneindighede.”

A.W. Tozer (1897-1963) het gesê: “Wat in ons gedagtes opkom wanneer ons aan God dink, is die belangrikste ding oor ons.” In sy boek The Knowledge of the Holy sien ons dat hy eenvoudig nie oor God kan skryf sonder om telkens teruggetrek te word na die oneindigheid van God nie. Hy skryf dat wanneer ons oor God se oneindigheid peins, bring dit die hart in “’n toestand van voortdurende verwondering”.

John Owen (1616–1683) het gesê: “Bring jou gedagtes na die oseaan van God se oneindigheid, en jy sal geen oewer vind nie.” Hy kom tot die gevolgtrekking dat, wanneer ons God se oneindigheid raaksien, alles wat ons dink ons is en kan bereik, skielik soos mis verdwyn.

Thomas Aquinas (1225–1274) het gesê dat Goddelike oneindigheid nie begrip beperk nie, maar dit uitbrei. Die siel wat die oneindige bestudeer, leer om buite homself te dink en begin om God se beeld met sy verstand en in verwondering te reflekteer.

Jonathan Edwards (1703–1758) het gesê dat die begrip van God se oneindigheid selfs vreugde transformeer. As God oneindig is, kan vreugde in Hom nooit uitgeput word nie — die hemel is ’n ewige ontdekking van nuwe skoonheid in God.

Timothy Keller (1950–2023) het gesê: “Die God van die Bybel is oneindig, maar Hy het Homself op verskeie maniere aan ons geopenbaar sodat ons Hom kan ken. Ons kan Hom nie uitput nie en ons kan Hom volkome vertrou.”

C.S. Lewis (1898–1963) het gesê God se oneindigheid moenie net gesien word as eindelose hoeveelheid nie, maar as onuitputlike kwaliteit — ’n oneindige skoonheid, goedheid en vreugde wat die hart huis toe trek. Hy het gesê dat elke aardse verlange slegs ’n eggo is van die oneindige. Vir hom gaan God se oneindigheid oor oneindige vreugde — nie oor oneindige grootte nie.

Augustinus, Aquinas en Calvyn het saam gewaarsku: “As jy dit kan begryp, is dit nie God nie.”

Aangaande hierdie leesplan

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

Die oneindigheid van God is een van die eienskappe van God wat moeilik is om te verstaan. Eintlik is dit onmoontlik, want hoe kan dit wat "eindigend" is, die oneindige verstaan. En tog het die Bybel heelwat daaroor te sê. 'n Studie van God se oneindighed sal jou geestelike lewe verdiep en jou dieper in God anker.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com