Die Onbegryplikheid van God se OneindigheidVoorbeeld

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

DAG 2 VAN 7

Kommunikeerbare en nie-kommunikeerbare eienskappe van God

Tradisioneel maak teoloë ‘n onderskeid tussen God se eienskappe (attributes).

Die eerste groep is die kommunikeerbare eienskappe

Dit is die eienskappe van God wat ons kan ken en tot ’n beperkte mate kan verstaan. Dit is die kwaliteite van God wat Hy gedeeltelik oordra aan sy skepping — veral aan mense wat na sy beeld geskape is. Hy kan Homself nooit volkome aan ons openbaar nie, maar Hy openbaar genoeg van Homself sodat ons kan weet hoe om in ’n betekenisvolle verhouding met Hom te leef. Ons kan God ken soos wat Hy Homself in die Skrif geopenbaar het. God openbaar homself aan ons deur Jesus Christus en deur die Heilige Gees.

Voorbeelde sluit in:

  • Liefde – 1 Johannes 4:8 (AFR83): “God is liefde.”
  • Goedheid – Psalm 34:9 (AFR83): “Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!”
  • Barmhartigheid – Lukas 6:36 (AFR83): “Wees barmhartig, soos julle Vader barmhartig is.”
  • Geregtigheid – Deuteronomium 32:4 (AFR83): “Alles wat Hy doen, is regverdig.”
  • Wysheid – Jakobus 1:5 (AFR83): “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid.”
  • Getrouheid – 2 Timoteus 2:13 (AFR83): “Hy bly getrou.”
  • Lankmoedigheid – Eksodus 34:6 (AFR83): “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.”

Die tweede groep is die nie-kommunikeerbare eienskappe

Hierdie eienskappe behoort slegs aan God. Dit is die kwaliteite wat God totaal uniek maak — dit wat Hom God maak en nie ’n geskape wese nie. Ons kan dit gedeeltelik verstaan, maar nooit ten volle nie. Hierdie eienskappe vind ons slegs in God — ongeskape, onbeperk, selfgenoegsaam en oneindig.

A.W. Tozer beskryf dit so: “Vir ewig bestaan God op sy eie, in ontoeganklike lig. Hy is net so ver verhewe bo ’n aartsengel as bo ’n rusper, want die gaping tussen die aartsengel en die rusper is eindig, maar die gaping tussen God en die aartsengel is oneindig. Beide die rusper en die aartsengel val in die kategorie van ‘dit-wat-nie-God-is-nie’ en word van God geskei deur God se oneindigheid.”

Voorbeelde:

  • Oneindigheid (infinity) – Job 36:26 (AFR83): “Sy jare kan nie bereken word nie”
  • Ewigheid – Psalm 90:2 (AFR83): Van ewigheid tot ewigheid is U God.”
  • Onveranderlikheid – Maleagi 3:6 (AFR83): “Ek, die Here, het nie verander nie.”
  • Alomteenwoordigheid – Psalm 139:7–10 (AFR83): Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?”
  • Alwetendheid – Psalm 147:5 (AFR83): “Sy kennis is onbegrens.”
  • Almag – Jeremia 32:17 (AFR83): “Niks is vir U onmoontlik nie.”
  • Selfbestaan – Eksodus 3:14 (AFR83): “Ek is wat Ek is.”
  • Eenvoud – God bestaan nie uit dele nie; sy eienskappe vorm ’n volmaakte eenheid.
  • Transendensie – Jesaja 55:8-9 (AFR83): “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, ... so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.”

Aangaande hierdie leesplan

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

Die oneindigheid van God is een van die eienskappe van God wat moeilik is om te verstaan. Eintlik is dit onmoontlik, want hoe kan dit wat "eindigend" is, die oneindige verstaan. En tog het die Bybel heelwat daaroor te sê. 'n Studie van God se oneindighed sal jou geestelike lewe verdiep en jou dieper in God anker.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com