Die Onbegryplikheid van God se OneindigheidVoorbeeld

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

DAG 7 VAN 7

Daar is baie meer om te sê

Ons het nou by die laaste dag van ons studie oor God se oneindigheid gekom — en tog krap ons nog net aan die oppervlak. Waarom? Omdat die onderwerp self oneindig is!

Alles wat ons ken of onsself kan voorstel, het grense en kan gemeet word. Dit beteken dat ook ons nadenke oor God se oneindigheid beperk is. Ons kan dink aan hoe vinnig iemand kan hardloop, hoe hoog iemand kan spring, of hoeveel gewig ’n mens kan optel — dit alles kan gemeet word. Maar hoe meet jy oneindigheid?

‘n Klompie jare gelede was ons seker dat die kleinste deeltjie wat bestaan, die atoom is. Toe ontdek ons protone, neutrone en elektrone. Later het wetenskaplikes ontdek dat die kleinste partikel waarvan ons weet ’n kwark is. Oneindigheid konfronteer ons om elke hoek en draai. Ons het geen verduideliking vir die bestaan van swaartekrag nie. En ons het nie die vaagste idee watter krag “atome” bymekaar hou nie. Ons weet dat daar ’n onbekende krag is wat atome in ordelike eenhede bymekaar hou — soos byvoorbeeld die menslike liggaam, die melkwegstelsel en miljarde sterrestelsels. Maar waarom? Ons weet nie — behalwe dat die Bybel sê dat alles in stand gehou word omdat Jesus alles bymekaar hou.

Ons weet byvoorbeeld dat mense, bome, bosse, klippe en diere bestaan, maar waarom val alles nie uitmekaar en dryf in miljarde rigtings in vormlose, betekenislose en onbepaalde chaos nie?

God het nie ’n tekort aan antwoorde nie. Hy hoef nooit nuwe krag te kry, te rus, aan te pas by ons tyd, of nuwe oplossings vir moderne probleme te vind nie. Hy het nie hulp nodig nie en Hy is nooit verleë omdat daar dinge is wat Hy nie weet nie. Hy maak geen foute nie en hoef nooit om vergifnis te vra nie. God kan nie toeneem of afneem in liefde, genade of heiligheid nie. Hy is reeds volmaak in sy hele wese. Hy is oneindig volmaak.

As God ewig is — hoe meet ons dit? Twintig miljard jaar? Honderd miljard? En dan het die ewigheid nog nie eens begin nie! Jy sien, ons dink steeds in terme van begin en einde. Selfs wanneer ons van “eindeloos” praat, dink ons eintlik net figuurlik daaraan. Ons mag op ’n skip in die middel van die oseaan wees en sê: “Die water strek eindeloos in alle rigtings.” Maar dit is nie werklik eindeloos nie — al die water in die oseane en riviere van die wêreld kan steeds as druppels getel word. Dit is beperk.

‘n Laaste opmerking: God kan nooit enigiets volledig aan ons verduidelik nie, want ons is eindig — dit is soos om na ’n weerkaatsing in ’n spieël te kyk: die een is werklik, die ander net ’n beeld.

Aangaande hierdie leesplan

Die Onbegryplikheid van God se Oneindigheid

Die oneindigheid van God is een van die eienskappe van God wat moeilik is om te verstaan. Eintlik is dit onmoontlik, want hoe kan dit wat "eindigend" is, die oneindige verstaan. En tog het die Bybel heelwat daaroor te sê. 'n Studie van God se oneindighed sal jou geestelike lewe verdiep en jou dieper in God anker.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com