Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Memoriseervers:
“Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
Romeine 5:8
Weeklikse Uitdaging:
Dink aan iemand wat mag voel dat hy of sy nie raakgesien word nie, of dat hulle onwaardig of ongeliefd is. Reik hierdie week uit na hulle met 'n briefie, 'n teksboodskap of 'n klein daad van goedgunstigheid. Wees die hande en voete van Jesus en herinner hulle (en jouself) dat genade altyd nader trek, nie wegstoot nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









