Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Soek en Red Dié wat Verlore is
Lees: Lukas 19:1-10
SOAP: Lukas 19:9-10
Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”
Oordenking
Saggeus was nie die soort persoon wat enigiemand verwag het Jesus sou raaksien nie. Hy was 'n oneerlike, ongewilde tollenaar – dikwels as hopeloos uitgemaak. Die skare het hom nie gesien nie. Of miskien het hulle, maar hulle wou net nie.
Toe Saggeus Jesus nie deur die skare kon sien nie, moes hy in 'n boom klim om 'n blik op Jesus te kry.
Jesus het hom gesien en hom by die naam geroep. Hy het opgekyk na die takke van die boom en gesê: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan” (Lukas 19:5). Wat 'n onverwagte uitnodiging! In 'n skare vol mense het Jesus doelbewus die een gesoek wat almal oor die hoof gesien het.
Jesus soek die verlorenes. Die verworpenes. Hy gaan agter diegene aan wat die wêreld opsy gestoot het, en Hy sê: Jy maak vir my saak. Ek sien jou, en Ek ken jou naam.
Jesus het Saggeus ontmoet presies waar hy was en hom geroep tot iets groters. Saggeus het nie gehuiwer nie. Sy lewe is op daardie oomblik vir altyd verander.
Dis die mooi van die evangelie. Jesus wag nie vir ons om ons pad terug te vind nie. Hy kom soek ons. Hy ontmoet ons in die bome waar ons wegkruip en in die skares waar ons onsigbaar voel.
Liewe vriend, om ver van God te voel beteken nie dat Hy ver van jou is nie. Hy sien jou en weet presies waar jy is.
Gebed
Here, dankie dat U my soek, my by die naam roep en my ontmoet waar ek is. Ek wil nie vir U wegkruip nie. Verander my net soos U vir Saggeus verander het. Ek gee alles oor. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









