Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Welkom by ons studie: Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis.
In ‘n wêreld wat dikwels koud, chaoties en ver voel, neem hierdie studie ons terug na dit waarna ons harte die meeste hunker – ‘n Verlosser Wat Uitreik Na Ons.
Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon.
Hierdie 4 weke lange Bybelstudie, Die Verlosser Wat Uitreik Na Ons: ‘n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis, neem jou op ‘n reis deur die sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar –by sy geboorte, in sy sending om sondaars te red, deur sy offer aan die kruis, en in die hoop van sy glorieryke wederkoms.
Daar is elke week daaglikse Bybelverse om te lees, dagstukkies en bemoediging om jou te help om rustig te raak, na bowe te kyk en die wonder van Immanuel – God met ons – te herontdek.
Ongeag of jy deur ‘n seisoen van vreugde of een van stille hunkering gaan, hierdie studie nooi jou uit om ‘n oomblik stil te staan, na te dink en weer nuwe hoop te ontdek in die Een wat altyd uitreik na ons.
Kom nader.
Hy is reeds hier.
__________________________________________
Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.
Wat is SOAP?
Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om tyd in te ruim om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy elke dag uit jou stiltetyd kan kry.
Wat beteken "SOAP"?
Die S staan vir "Scripture":
Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God in sy Woord aan jou openbaar deur net tyd in te ruim om die verse neer te skryf.
Die O staan vir "Observation":
Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?
Die A staan vir "Application":
Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?
Die P staan vir "Prayer":
Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe wat Hy vir jou uitgewys het.
___________________________________________
Inleiding:
Te midde van besige skedules, onseker seisoene en baie dinge wat ons aandag aflei, smag iets diep binne in ons daarna om rustig te raak. Ons smag na meer as net rus. Ons smag na verbintenis, 'n oomblik van stilte en 'n bewustheid van God se teenwoordigheid wat ons herinner dat ons nie alleen is nie.
Daardie “iets meer” is nie 'n gevoel nie. Dit is 'n persoon.
Jesus. Ons Verlosser Wat Altyd Uitreik Na Ons.
Van die heel begin af was God se hart altyd om saam met sy mense te wees. Ons sien dit in die tuin, in die tabernakel en in die krip. En nou, deur sy Gees en sy Woord, gaan Hy voort om tot ons te nader.
Hierdie 4-weke lange Bybelstudie is 'n uitnodiging om rustig te raak en na te dink oor die wonder van Christus se nabyheid. Elke week sal ons wandel deur Skrifgedeeltes wat ons herinner aan die maniere waarop Jesus uitreik na ons:
• In die nederigheid van 'n krip
• In sy missie om sondaars te soek en te red
• In sy reis na die kruis
• en in die belofte van sy wederkoms
Ongeag of jy uitgeput of verwagtend is, oorweldig of gevul is met verwondering, dit is ons gebed dat jy, wanneer jy jou Bybel oopmaak en Hom elke dag ontmoet, herinner sal word aan die wonderlike waarheid dat jy nie alleen is nie.
God sien jou.
God ken jou.
En in Jesus, het God uitgereik na jou om jou te red, te verlos en vir ewig saam met jou te wees.
Kom ons onthou die hoop, vreugde, vrede en liefde wat aan ons behoort omdat Jesus uitreik na ons:
Hy het na die aarde toe gekom as 'n mens.
Deur die Heilige Gees is God altyd by ons.
Christus sal eendag weer kom sodat ons vir ewig by Hom kan wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









