Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

DAG 8 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1. Aan watter naam van Jesus in Jesaja 9:5 (Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader of Vredevors) moet jy die meeste vashou in hierdie seisoen van jou lewe? Hoekom?

2. Het jy al ooit soos Maria ongesiens of ongekwalifiseerd gevoel en tog aangevoel dat God nader kom en jou nooi om Hom te vertrou? Hoe moedig haar verhaal jou aan om in geloof te reageer, selfs wanneer God se planne groter voel as jou begrip?

3. Is daar tans 'n area in jou lewe waar God jou vra om Hom te vertrou, selfs wanneer dit nie sin maak nie? Hoe kan Josef se stille gehoorsaamheid jou aanmoedig om met geloof te reageer in plaas van vrees?

4. Soos die herders, hoe het jy al die vreugde van God se nabyheid in jou daaglikse lewe ervaar? Wie het dalk nodig om daardie goeie nuus vandag van jou af te hoor?

5. Wat beteken dit vir jou persoonlik dat Jesus, die Woord wat vlees geword het, gekies het om nader te kom en by jou te woon?

Aangaande hierdie leesplan

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans