Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Oordenkingsvrae:
1. Hoe bring die belofte dat Jesus 'n plek vir jou voorberei en weer sal kom om jou huis toe te bring, vandag troos of perspektief in jou lewe? Wat beteken dit vir jou dat Hy jou ewige tuiste is?
2. Hoe sou dit vir jou lyk om met 'n hart ten volle oorgegee en wagtende vir Jesus se wederkoms, te leef? Is daar enige afleidings of vrese wat jou oë daarvan weerhou om op jou komende Koning gevestig te bly?
3. Hoe gee die belofte dat Jesus binnekort kom jou hoop in jou huidige seisoen?
4. Hoe gee die belofte van Jesus se persoonlike wederkoms jou troos in tye van hartseer of wag? Op watter maniere kan jy ander vandag met hierdie hoop bemoedig?
5. Terwyl jy nadink oor die hoop van Christus se wederkoms, hoe nooi God jou uit om met groter verwagting, doelgerigtheid of oorgawe in hierdie seisoen van wag te leef?
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









