Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Week 2 / Hy het Uitgereik na Sondaars (Die Hart van Sy Sending)
'n Vriend van Sondaars
Lees: Lukas 5:27-32
SOAP: Lukas 5:30-32
Die Fariseërs, en veral die skrifgeleerdes onder hulle, het by sy dissipels gekla en gesê: "Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?" Toe antwoord Jesus hulle: "Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars."
Oordenking
Jesus het nooit aan die verwagtinge van die godsdienstige leiers rondom Hom voldoen nie. Hy het nie sy afstand gehou van sondaars soos wat hulle gedoen het nie. In plaas daarvan het Hy tot hulle genader. Hy het die uitgeworpenes nie net verdra nie; Hy het na hulle toe gegaan.
Eendag het Levi, 'n tollenaar en sosiale uitgeworpene, by sy tolhuis gesit toe Jesus verbyloop. Een eenvoudige uitnodiging het alles verander: "Volg My." En net so het Levi sy ou lewe agtergelaat. Hy het met geloof en vreugde op Jesus gereageer en 'n feesmaal gehou om dit te vier.
Maar nie almal het dit gevier nie. Die Fariseërs het Jesus se keuse om saam met "daardie soort mense" te eet, bevraagteken. In hulle oë het heiligheid skeiding van onreinheid beteken. Maar Jesus het gekom met die hart van 'n geneesheer.
Jesus het hulle, en vir ons, daaraan herinner dat Hy gekom het vir die gebrokenes, dié wat worstel en dié wat hulp benodig. En die pragtige waarheid? Dit sluit ons almal in.
As jy al ooit gevoel het dat jou verlede jou diskwalifiseer of gewonder het of Jesus werklik iemand soos jy kan liefhê, kyk wie Hy gekies het om mee saam te sit.
Hy weet presies wie jy is, en Hy nader in elk geval tot jou. Dis die krag van genade. Dit draai nie weg nie. Dit kom naby, lig ons op en nooi ons in 'n groter verhaal in.
Jesus is 'n vriend van sondaars, en dit is baie goeie nuus vir ons almal.
Gebed
Here, dankie dat U nie wegdraai van gebrokenheid nie, maar dit betree met 'n hart van deernis. Help my om nooit te vergeet hoeveel ek U nodig het nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









