Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Witgewas soos Sneeu
Lees: Jesaja 1:16-20
SOAP: Jesaja 1:18
“Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.”
Oordenking
Sonde los altyd ‘n lelike vlek. Dit trek ons af, druk swaar op ons harte, en verhinder ons groei as Christene.
Miskien voel jy vandag die ekstra gewig van jou sondes. Miskien is daar dinge wat jy weet God jou vra om op te gee en mee op te hou, maar jy weet nie hoe nie.
God stoot jou egter nie weg nie. Hy trek jou nader. Hy gee nie voor dat ons sonde nie ernstig is nie, maar Hy bied vir ons ‘n oplossing aan en ook ‘n uitnodiging van genade. Hy gee vir ons wat ons nie verdien nie: vergifnis.
Hy nooi ons om ons sonde aan Hom te bely, om beheer daaroor te laat gaan, dit vir Hom te gee, en Hom te vertrou.
Deur die profeet, Jesaja, skets God ‘n onvergeetlike beeld van vergifnis: “Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu” (v. 18). Dit is nie 'n gedeeltelike reiniging nie. Dit is totaal, volledig en permanent. Wanneer God vergewe, laat Hy nie 'n spoor agter nie. Hy was ons volledig skoon.
Die bloed van Jesus is genoeg om selfs die diepste, donkerste vlekke weg te was. Sy offer het nie net sonde bedek nie. Dit het dit verwyder. Jy kan dit in Jesus se hande plaas en dit laat gaan. Neem sy vergifnis met ope arms aan en stap vorentoe in vryheid.
God se uitnodiging staan steeds: Kom. Kom met jou verlede, jou skuldgevoelens, jou stryd. Hy vra jou om Hom te vertrou om te doen wat net Hy kan doen: om jou te was, nuut te maak en jou die krag te gee om sonde te beveg.
Gebed
Here, dankie dat sonde nie die einde van my verhaal is nie. Dankie dat U my skoon was, my nuut maak, en my in genade omvou. Help my om in die vryheid en die vreugde van u vergifnis te lewe. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









