Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

'n Verlosser vir Dié wat Onwaardig Voel
Lees: 1 Timoteus 1:12-17
SOAP: 1 Timoteus 1:15-16
Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehou aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.
Oordenking
Het jy al ooit gevoel dat jy nie God se liefde waardig is nie? Ek weet ek het al so gevoel. Miskien het jy gevoel dat jou verlede te sleg is, jou foute te groot of jou hart te ver heen is vir God om jou te red.
Indien jy so gevoel het, is jy nie alleen nie. Die apostel Paulus het ook so gevoel. In sy brief aan Timoteus skram hy nie weg van sy verlede nie. Hy erken dit. Paulus het die kerk vervolg, Jesus verwerp en in opposisie van die evangelie gestaan.
Hy was so arrogant, so trots en so eiegeregtig dat hy nie eers die behoefte aan God se genade raakgesien het nie! En tog is dit hierdie arrogante Paulus wat God in die middel van sy rebellie ontmoet het en sy lewe volkome omgekeer het.
Hierdie radikale lewensverandering was nie net vir Paulus bestem nie. God verander vandag steeds lewens deur sy genade.
As God sulke genade en geduld kon betoon aan die grootste van sondaars, dan kan niemand ooit in die toekoms sê dat hulle te ver heen is nie. As God selfs 'n “Paulus” kon red, dan kan Hy verseker vir jou, my en enige iemand anders wat Hy kies, red. Liewe vriend of vriendin, niemand is te ver heen vir sy genade nie. Nie Paulus nie. Nie jy nie. Nie ek nie.
Hy het gekom om sondaars te red – en dit is presies wat Hy doen.
Gebed
Here, dankie dat U gekom het om sondaars soos ek te red. Wanneer ek onwaardig voel, herinner my aan die omvangrykheid van u liefde en geduld. Help my om elke dag te leef in die vryheid van u genade. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









