Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Woord Het Mens Geword
Lees: Johannes 1:1-14
SOAP: Johannes 1:14
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Oordenking
Johannes 1:14 is een van die mees wonderlike waarhede in die hele Skrif: Die Woord het mens geword. Die heilige, ewige en oneindige God het gekies om Homself in menslike vel toe te draai en in ons gebroke wêreld te tree.
God het nie iemand anders gestuur nie. Hy het self gekom.
Kyk weer na die eerste verse van Johannes 1. Jesus, die Woord wat in die begin by God was, is God. Hy is die Skepper wat alles gemaak het. Johannes beklemtoon hierdie belangrike waarheid deur te benadruk dat niks wat geskep is, sonder Jesus ontstaan het nie.
God het seker gemaak dat ons nie wonder hoe Hy is nie. In Jesus het die ewige God uit die hemel in ons driedimensionele wêreld getree.
In Jesus het God sy karakter, sy heiligheid, sy liefde en sy genade geopenbaar. Wanneer ons Jesus uitgebeeld sien in die Evangelies, sien ons God self. Johannes, een van die ooggetuies, verkondig dat hy deur saam met Jesus te wees, die volheid van God se heerlikheid en die hart van die Vader gesien het.
Dit is waarom Kersfees so belangrik is. Dit is nie net 'n viering van Jesus se geboorte nie. Dit is 'n viering van God wat naby ons kom. Soms, veral gedurende die besige Kersseisoen, is dit maklik om die wonder van hierdie waarheid te laat verdof. Staan 'n oomblik stil en laat hierdie waarheid insink.
Gebed
Jesus, dankie dat U die hemel vir die aarde verruil het sodat ek U kan ken en naby U kan wees. Help my om nie vandag verby die wonder van u nabyheid te jaag nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









