Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Goeie Nuus van Groot Blydskap
Lees: Lukas 2:1-20
SOAP: Lukas 2:10-11
Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!”
Oordenking
God het gekies om sy heerlikheid in die stil, donker velde buite Betlehem bekend te maak – nie aan konings of geleerdes nie – maar aan skaapwagters. Hierdie mans is as die laagstes in die samelewing geag.
Skielik het die hemel geopen. ‘n Engel het verskyn, en die glans van die Here was om hulle. Alles het in ‘n oogwink verander.
“Moenie bang wees nie…” het die engel begin. Dit was dieselfde boodskap wat Maria en Josef ontvang het. Dieselfde gerusstelling het nou ‘n groep vuil en geïsoleerde skaapwagters ingesluit.
Toe het die beste nuus van alle tye gevolg: Die Verlosser is gebore! Die langverwagte Messias is gebore – nie eendag nie, maar vandag in die stad van Dawid. Hy het nie net vir die belangrikes of die waardiges gekom nie, maar vir almal.
Die skaapwagters het haastig vertrek om Hom te gaan soek. En toe hulle Hom kry, was hulle so oorstelp deur wat hulle gesien en gehoor het, dat hulle nie anders kon as om dit te gaan oorvertel nie. Is dit nie hoe blydskap werk nie? Dit loop oor. Dit borrel oor. Dit verander gewone mense in boodskappers van buitensporige vreugde. Ware vreugde kan eenvoudig nie beteuel word nie, en dit is ook nie daarvoor bedoel nie.
Dieselfde goeie nuus wat die skaapwagters duisende jare gelede gehoor het, is dieselfde goeie nuus vir ons vandag. Jesus het gekom. Ons Verlosser is hier. God is by ons. En daarom hoef ons nie bang te wees nie. Sy geboorte bring ‘n vreugde wat niks in hierdie wêreld kan wegneem nie.
Gebed
Here, dankie dat U soveel jare gelede tot ons genader het. Help my om hierdie goeie nuus met ‘n oop hart te ontvang en dit met blydskap en vrymoedigheid te deel, net soos die skaapwagters. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









