Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

'n Boodskap vir Maria
Lees: Lukas 1:26-38
SOAP: Lukas 1:30-33
Die engel sê toe vir haar: "Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee, Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie."
Oordenking
Uit al die jong vroue in die wêreld het God vir Maria gekies. Sy was 'n jong meise van 'n klein dorpie. Sy kon maklik deur ander oorgesien word, maar nie deur God nie. Inteendeel, God het genade aan haar bewys. En selfs al was sy nie volmaak nie, het God geweet dat sy Hom vertrou het. In sy genade en liefde het Hy haar gekies.
Voordat die engel God se wonderbare plan aan Maria geopenbaar het en voordat vrese of twyfel in haar hart kon ontstaan, wou God seker maak dat Maria hierdie een waarheid moet weet: Hy was naby.
Die boodskap wat die engel gebring het sou nie net Maria se lewe verander nie, dit sou die wêreld verander. Die langverwagte Messias, die hoop van generasies, sou kom. En nie net in gees nie, maar in vlees as 'n baba. God, in die persoon van Jesus Christus sou ons wêreld betree en kies om te leef in ons gebrokenis en om ons van sonde te red. Hy sou na ons toe kom.
En Hy doen dit steeds.
Liewe vriend of vriendin, laat Maria se verhaal jou daaraan herinner dat God jou sien. Hy verheug daarin om die nederige, die gewillige, die vertrouende en die gewone te gebruik. Sy nabyheid is nie gebaseer op jou volmaaktheid nie, maar op sy liefde. Hy kom na jou toe, net soos Hy na Maria gekom het. Dit is wat liefde doen – dit kom nader. Dit betree en verander alles.
Dit is ons Kersfeeswonderwerk. God met ons. Emmanuel.
Gebed
Here, dankie dat U my sien en dat U naby is. Selfs wanneer ek klein voel en voel asof niemand my raaksien nie, ken U my naam. Help my om U te vertrou soos Maria U vertrou het en help my om vandag in u nabyheid te rus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









