Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Week 1 / Hy het Uitgereik na Ons deur die Krip (Die Wonderwerk van Christus se Geboorte)
Die Belofte Reeds Lank Gelede Verklaar
Lees: Jesaja 8:23-9:6
SOAP: Jesaja 9:5-6
Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Oordenking
Die wonderwerk van alle wonderwerke het na ons toe gekom in die nederigste vorm: 'n baba met geen wêreldse status nie. Die Een wat die krag gehad het om die sterre in beweging te bring, het gekies om te kom na dié met absoluut geen mag nie. As 'n baba wat in 'n krip lê, het Hy gekom sodat Hy naby kon wees. Naby die gebrokenes van hart. Naby mense wat deurdrenk is van sonde, sodat hulle die genesing kon ontvang wat hulle so desperaat benodig het.
Duisende jare voor sy geboorte verklaar Jesaja 9:5 die belofte van sy koms.
Hy het eerste naby gekom as 'n baba. Maar Hy het hoofsaaklik naby gekom as die antwoord op God se langverwagte belofte aan die mens. Vir dié wat wysheid benodig het Hy gekom as 'n Wonderbare Raadsman. Vir dié wat swak voel het Hy gekom as Magtige God. Vir dié wat eensaam en verwerp voel, en vir dié wat smag na die volmaakte vader, het Hy gekom as hul Ewige Vader. En vir dié wat vrede benodig, het Hy gekom as 'n Vredevors.
Ons mislukkings, sonde en gebrokenheid veroorsaak nie dat Jesus terugtrek nie. Inteendeel, dit laat Hom tot ons nader.
Wat lank gelede belowe is, is nou hier met ons. Hy nader tot dié wat Hy gekom het om te red. God het geweet ons kan nie onsself red nie, dus het Hy sy Een en Enigste Seun, Jesus gegee. Ons kan nader tot God want Hy nader tot ons.
Gebed
Here, dankie vir u nabyheid. Dankie dat U tot my nader in my gebrokenheid en dat U hoop bring vir my moeë hart. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









