Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Trompet Sal Weerklink
Lees: 1 Tessalonisense 4:13-18
SOAP: 1 Tessalonisense 4:16-18
Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. Troos mekaar dan met hierdie woorde.
Oordenking
Wanneer ons die diepe pyn van verlies ervaar, asem hierdie verse in 1 Tessalonisense hoop in ons vermoeide harte in. Dit herinner ons dat die dood nie die einde van die verhaal is nie. Hartseer hoef nie die finale woord te wees nie. Jesus kom weer. Wanneer Hy kom, sal Hy nie iemand anders in sy plek stuur nie.
"sal die Here self uit die hemel neerdaal" (v. 16).
Hy kom persoonlik, kragtig en hoorbaar. Die trompet sal weerklink. Die hemel sal open. Die Een wat die dood oorwin het, sal in oorwinning terugkeer. En wat 'n oomblik sal dit nie wees nie!
Diegene wat in Christus gesterf het sal eerste opstaan. En dan sal ons wat nog leef saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, om die Here te ontmoet. Verenig. Verlos. Vir ewig saam met Hom. Dit is ons onwrikbare hoop.
Paulus sê: “Troos mekaar dan met hierdie woorde" (v. 18). Hoe bemoedigend is hierdie woorde nie! Dit is nie net woorde om te bestudeer nie. Dis woorde om aan vas te hou wanneer droefheid aan jou deur kom klop of wanneer die wag te lank voel.
Liewe vriend of vriendin, daar sal 'n dag kom wanneer die trompet sal weerklink en alles wat gebroke was, nuutgemaak sal word. Elke vrees, elke traan en elke las wat ons gedra het sal verdof in die lig van sy glorie.
Tot daardie tyd wag ons met hoop. Ons treur met hoop en ons leef met hoop. Een dag gou sal ons vir ewig met die Here wees.
Gebed
Jesus, dankie vir die belofte van u wederkoms. Help my om vandag te leef met vertroue in u oorwinning en troos in u belofte. Kom, Here Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









