Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

DAG 21 VAN 29

Versoen deur Sy Bloed

Lees: Kolossense 1:15-23

SOAP: Kolossense 1:19-20

God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.

Oordenking

Jesus is nie bloot 'n goeie leermeester, 'n wyse leier of 'n profeet nie. Hy is die beeld van die onsigbare God. Die Skepper van alle dinge. Die Een wat alles bymekaar hou, selfs wanneer dit voel asof die lewe uitmekaar val.

En tog het hierdie magtige en heilige Verlosser die kruis gekies.

Waarom? Om ons met God te versoen.

As gevolg van sonde was ons eens geskei en afgesny van die Een waarvoor ons geskape is. Maar Jesus het gekom om daardie gaping te oorbrug. Hy het nie net vrede gebring nie. Hy het ons vrede geword. Deur sy bloed, wat aan die kruis gestort is, het Hy 'n weg vir ons gemaak om weer nader gebring te word.

Versoening gaan nie net oor vergifnis nie. Dit gaan oor herstel, verhouding en nabyheid. Jesus verwyder nie net die versperring van sonde nie; Hy nooi ons terug na die teenwoordigheid van God, ten volle aanvaar, ten volle geliefd en in vrede.

Dis maklik om dit te vergeet wanneer ons ver, vuil of onwaardig voel. Maar vriend of vriendin, jy hoef nie jou weg terug te werk na God nie. Jesus het reeds die weg terug na God gemaak deur sy offer. Hy het jou versoen deur sy bloed. Nou is jy vry om te leef in die vreugde en vrede om Syne te wees.

Jy is nie ver weg nie.
Jy is nie ongewens nie.
Jy is nie gediskwalifiseer nie.

As gevolg van Jesus word jy naby gebring. Jy is geken. Jy word deur Hom, vir Hom bymekaar gehou.

Gebed

Here Jesus, dankie dat U my met die Vader versoen het deur u bloed. Help my om elke dag te leef in die vertroue en vrede dat ek aan U behoort. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans