Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

DAG 22 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1. Hoe verdiep die onthou van hoekom Jesus gekom het – sy nederigheid,gehoorsaamheid en liefde – jou begrip van wat dit beteken om deur Hom liefgehê te word?

2. Wat beteken dit vir jou persoonlik dat Jesus die Lam van God is wat jou sonde wegneem en dit heeltemal verwyder? Hoe kan daardie waarheid jou help om vandag in groter vryheid en genade te wandel?

3. Wanneer jy dink oor die lyding wat Jesus gewillig vir jou verduur het, hoe verdiep dit jou begrip van sy liefde? Watter deel van sy offer moet jy vandag meer volledig laat insink?

4. Is daar areas in jou lewe waar jy steeds voel dat jy God se liefde moet verdien of dat jy skuldgevoelens uit jou verlede moet dra? Hoe bevry die waarheid dat Jesus se offer jou eens en vir altyd vrygemaak het, jou om vandag in vrede en rus te leef?

5. Is daar enigiets wat jou tans gediskwalifeer of ver van God se liefde laat voel? Hoe verander die waarheid dat Jesus jou reeds deur sy bloed versoen het, die manier waarop jy vandag jou verhouding met Hom sien?

Aangaande hierdie leesplan

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans