Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

DAG 28 VAN 29

Wag op Ons Geseënde Hoop

Lees: Titus 2:11-15

SOAP: Titus 2:11-14

Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde rein te maak, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.

Oordenking

Aan die einde van die Adventsreis kom ons terug na die kern van hierdie tyd, en dit is hoop.

Dit is nie ‘n vae hoop wat gegrond is op begeertes nie. Dit is nie ‘n tydelike hoop as gevolg van omstandighede nie. Hierdie is ‘n geseënde hoop– dit is verseker en aan jou belowe en dit skyn helder vir jou op die horison.

Hierdie onwrikbare, nimmereindigende, vir ewig en altyd hoop het ‘n naam: Jesus.

Die genade van God het in die persoon van Jesus gekom. Hy is in ‘n krip gebore, het aan die kruis gesterf, opgestaan uit die dood, en sal weer eendag verskyn. Hierdie keer in sy volle glorie. Ons kyk nie net terug na wat Jesus gedoen het nie. Ons kyk vorentoe na wat Hy nog gaan doen.

Ons laat genade ons vorm. Ons laat hoop ons vashou. Ons lewe in geloof. Ons wil graag die goeie doen omdat Hy ons alreeds sy liefde gegee het. Ons doen sy werk omdat Hy ons krag gee, uit liefde vir Hom en ook vir ander.

Liewe vriend of vriendin, moenie dat hierdie wêreld jou aandag aflei nie. Maak eerder seker dat dít waarvoor jy lewe, ewigheidswaarde het. Om in hierdie tyd eerlik en godvresend te lewe, sal jou nie noodwendig populêr maak nie, en jy kan heel moontlik teenstand kry oor jou beginsels en keuses. Maar Jesus sal weer kom.

Tot dan lewe ons met ons oë op Hom en met ons harte oorgegee. Genade het gekom. Glorie gaan ook kom.

Baie gou sal ons Hom van aangesig tot aangesig sien.

Gebed

Here, dankie dat U my geseënde hoop is. Dankie dat U gekom het, ons gered het en dat U belowe het om weer te kom. Help my om intussen te lewe met ‘n doel, met vreugde, en ‘n hart wat in U geanker is. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans