Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Koning Sal Terugkeer
Lees: Matteus 24:29-44
SOAP: Matteus 24:30-31
Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. Die groot trompet sal weerklink en Hy sal sy engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af.
Oordenking
Die eerste keer wat Jesus aarde toe gekom het, was dit stil, nederig, weggesteek in 'n krip, toegedraai in linne en gebore in 'n wêreld wat nie vir Hom plek sou maak nie.
Maar die volgende keer wat Hy gaan kom? Die hele wêreld sal dit sien.
Jesus sê vir ons in Matteus 24 dat die Seun van die mens met groot krag en majesteit. Niks meer wag nie. Die hemelruim sal open en ons Jesus sal kom as die oorwinnende Koning.
Die engele sal uitgaan. Diegene wat op Jesus vertrou het, sal versamel word. Die hemel sal juig. Dit sal die dag wees waarvoor ons gewag het en waarna ons gesmag het; die dag waarop ons Jesus uiteindelik van aangesig tot aangesig sal sien.
Jesus herrinner ons daaraan om altyd gereed te wees vir wanneer hiérdie dag sal aanbreek. Niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie en sy wederkoms sal kom soos 'n dief in die nag, onverwags en onmiskenbaar (vs. 36, 42-44). So, hoe berei ons voor?
Ons bly waaksaam, getrou, biddend en hoopvol. Ons hou vas aan sy beloftes en hou ons oë gevestig op die Een wat weer kom.
Liewe vriend of vriendin, dieselfde Jesus wat naby gekom het in die krip, kom weer, dié keer met groot heerlikheid. Hy het nie sy wederkoms sonder ‘n doel uitgestel nie.
Kom ons leef vandag met die soort verwagting wat vloei uit ware geloof dat Hy enige oomblik kan terugkeer – met vreugde in ons harte en ons lewens ten volle oorgegee aan Hom.
Gebed
Jesus, ek smag na die dag wanneer ek U in heerlikheid sal sien kom. Help my om gereed te wees en om geanker in die hoop dat U weer kom, te lewe. Gebruik my om ander te help om van U te weet. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









