Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

DAG 18 VAN 29

Die Lam van God

Lees: Johannes 1:19-34

SOAP: Johannes 1:29

Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!"

Oordenking

Johannes die Doper het sy lewe lank die weg vir die Messias voorberei. Hy het gewag, gekyk en ander na bekering gewys. En toe, eendag, het Jesus na hom toe gestap.

Dáár is die Lam van God.

Dit was ’n verklaring vol ryke betekenis. Lammers was ’n noodsaaklike komponent van die Joodse offerandestelsel. Die lammers wat geoffer is, moes vlekkeloos wees, sonder enige gebrek. Elkeen is geslag as ’n simbool van versoening, ’n herinnering aan die koste van sonde en met ’n verlange na permanente vergifnis en vrede met God.

En dit is presies wat Jesus gekom het om te gee. Hy sou nie nog ’n tydelike offerander wees nie. Hy was die finale, sondelose, vlekkelose, perfekte en eenmalige offer. Die Een wat gewilliglik sy lewe sou neerlê sodat ons met God versoen kon word – vir ewig!

Toe Johannes na Jesus as die Lam verwys het, het hy bedoel dat Jesus sou sterf, en nie net sterf nie, maar soos ’n lam op die altaar geslag word. En hy het verstaan dat hierdie offer die sonde van die wêreld sou wegneem, en nie net die Jode sou bevoordeel nie, maar enigiemand wat Jesus sou ontvang.

Liewe vriend of vriendin, die volgende keer as jy besef dat jy ’n groot sondaar is, kyk na Jesus wat ’n groter Verlosser is. Hy het gekom om al jou sonde weg te neem, om jou te red, en nie om jou te veroordeel nie.

Kyk na Hom. Aanskou Hom.

Gebed

Jesus, dankie dat U die Lam is wat gekom het om my sondes weg te neem. Terwyl ek U vandag aanskou, laat my hart gevul wees met dankbaarheid en ontsag. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans