Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Eenmaal vir Altyd
Lees: Hebreërs 9:24-28
SOAP: Hebreërs 9:28
So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.
Oordenking
In die Ou Testament was offers ’n daaglikse herinnering aan die gewig en gevolge van sonde. Elke offer en elke druppel bloed was ’n teken van hoe ernstig sonde is, en hoe dringend mense 'n wyse benodig het om met God versoen te word.
Dag na dag, jaar na jaar, is onskuldige diere na die altaar gebring. Hul lewens is gegee as tydelike bedekking vir sonde. Maar al was daar soveel offers, kon dit nooit die hart volkome reinig nie. Die werk van die offerdiens was nooit voltooi nie. Die skuldgevoelens het gebly, want die offers kon nie die hart reinig nie.
Maar toe het Jesus gekom.
Ons volmaakte, sondelose Verlosser het nie met die bloed van diere nie, maar met sy eie kosbare bloed die hemelse heiligdom binnegegaan.
En met daardie een daad van liefde en gehoorsaamheid het Hy gedoen wat geen priester of dieroffer ooit kon doen nie. Hy het ons sondes op Hom geneem. Hy het dit van ons afgehaal en op Homself geneem. Hy het ons sonde vir altyd weggeneem. Ons skuld is volkome betaal. Dit is volbring.
Liewe vriendin, as jou hart moeg is om te probeer om God se liefde te verdien, of as jy steeds met skuld uit jou verlede worstel, hoor vandag die volgende: Jesus het al jou sondes aan die kruis gedra. Jy hoef nie langer offers van skuld of skaamte te bring nie. Jy hoef nie vergifnis te verdien nie. In Hom is jy vergewe. Jy is bedek, en jy is vry.
Gebed
Here, dankie dat U gedoen het wat ek nooit kon doen nie – dat U my sondes gedra en ’n weg gebaan het sodat ek vrygespreek voor God kan staan. Help my om te rus in u voltooide werk, en om elke dag in die vryheid van u genade te leef. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









