Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

DAG 17 VAN 29

Week 3 / Hy het Uitgereik na Ons Deur die Kruis (Die Rede Waarom Hy Gebore Is)

Maandag / Verneder om Ons te Red

Lees: Filippense 2:1-11

SOAP: Filippense 2:5-8

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

Oordenking

Jesus, as volkome God, het alle reg gehad om in die hemel te bly. Hy was immers God, maar Hy het nederigheid gekies. Hy het gekies om mens te word. En in gehoorsaamheid het Hy na die kruis gestap.

Hoekom? Omdat Hy ons liefhet.

Jesus het uit die hemel neergedaal om nader te kom – nie net om by ons te wees nie, maar om ons te red. Hy is gebore om ons van ons sondes te red. Die wonderwerk van die krip maak slegs sin wanneer ons dit deur die skaduwee van die kruis sien.

Filippense 2 herinner ons daaraan dat Jesus Homself verneder het. Hy het vlees aangeneem. Hy het stowwerige paaie bewandel. Hy het groei, honger, eensaamheid en pyn ervaar. En uiteindelik het Hy Homself tot die dood aan ’n kruis verneder.

Die Een wat die sterre in wording gespreek het, het toegelaat dat Hy bespot, geslaan en aan ’n kruis, wat bedoel was vir die marteling van misdadigers, vasgespyker word. En Hy het dit gewilliglik gedoen, uit gehoorsaamheid en liefde.

Vir jou.

Vir my.

Dit is die hart van Kersfees – om te verduidelik waarom Hy gekom het.

Liewe vriend of vriendin, as jy ooit wonder hoe geliefd jy is, kyk na die kruis. Die Een wat alles gehad het, het alles prysgegee. Die Een wat verdien het om gedien te word, het die Dienskneg geword. En Hy het dit gedoen omdat Hy jou innig liefhet.

Gebed

Jesus, dankie dat U Uself verneder het vir my. Help my om nederig te wandel soos U gewandel het en om elke dag te leef met ’n hart van dankbaarheid vir alles wat U opgegee het om my te red. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans