Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die KruisVoorbeeld

Memoriseerverse:
“En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.”
Filippense 2:7b-8
Uitdaging vir die Week:
Neem hierdie week tyd om te dink oor die beduidenis van Jesus se dood aan die kruis vir ons sondes. Vra God om jou hart te ondersoek. Skryf enige skuld, skaamte of laste wat jy dra, neer en gee dit oor aan Jesus. Herinner jouself daaraan dat sy offer eenmalig en vir altyd was. Jy is vergewe. Jy is vry.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans









