Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Oordenkingsvrae:
1. Hoe kan jy jou ouers hierdie week eer? Hoe kan jy begin om in jou daaglikse roetines vir jou kinders meer van Jesus te leer?
2. Sou jy sê jy werk vir die goedkeuring van mense of vir die goedkeuring van Jesus? Hoe kan jy jou werk beskou as 'n geleentheid om Christus te eer?
3. Wat is elke bose gees in die lug wat Paulus in Efesiërs 6:12 noem? Hoe kan ons hulle weerstaan, volgens hierdie vers?
4. Hoe kan jy jouself voorberei om elke dag die wapenrusting van God aan te trek? In watter deel van die wapenrusting van God moet jy groei?
5. Wat is die grootste waarheid uit die boek Efesiërs wat jy met jou saamneem?
Aangaande hierdie leesplan

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans