Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons Bybelstudie: Geborge In Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop.

Ons kan nie God se liefde verdien nie, en dit is ook nie iets wat ons kan verloor nie. Dit is ‘n genadegawe wat ons kan ervaar deur ons geloof in Jesus Christus. Dit is die fondament van die Christelike lewe en die lens waardeur ons ander mense, binne en buite die kerk, sien en met hulle omgaan. Ons is veilig en geborge in Christus.

Efesiërs is ‘n boek wat deur die Apostel Paulus geskryf is aan die gemeente in Efese. Sy boodskap is versterkend en bemoedigend.

In Geborge in Christus: Een Geloof, Een Familie, Een Verlosser, gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.

As jy jou dalk op ‘n plek bevind waar jy jou sekuriteit in Christus bevraagteken, worstel om God se liefde te verstaan, jy nie die geluk ervaar van gemeenskap met ander gelowiges nie, of as jy selfs net bemoediging nodig het, is Geborge in Christus die plek om te begin.

Besoek ons aanlyn om meer te leer oor ons nie-winsgewende bediening en missie van LGG, asook vir meer studiemateriaal. Ons sien uit daarna om dieper in God se Woord te delf en die ware vryheid en oogmerk te ontdek wat voortvloei uit ‘n lewende verhouding met Jesus en met ander gelowiges.

__________________________________________

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om tyd in te ruim om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy elke dag uit jou stiltetyd kan kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God in sy Woord aan jou openbaar deur net tyd in te ruim om die verse neer te skryf.

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe wat Hy vir jou uitgewys het.

___________________________________________

Inleiding:

Die wêreld vertel ons gereeld dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. God se liefde is nie iets wat ons kan verdien nie en dit is ook nie iets wat ons kan verloor nie. Dit is 'n genadegawe wat ons kan ervaar deur geloof in Jesus Christus.

Dit is die fondament van die Christelike lewe en die lens waardeur ons ander mense, binne en buite die kerk sien en met hulle omgaan. Ons is veilig en geborge in Jesus.

Die boek Efesiërs is 'n brief wat deur die apostel Paulus aan die kerk in die stad Efese geskryf is. Sy boodskap is versterkend en motiverend.

Efesiërs kan in twee dele verdeel word. Die eerste helfte van die boek moedig die gelowiges aan om die waarheid van die evangelie van Jesus te ken en hulself in die liefde van God te anker. Die tweede helfte van die boek beskryf hoe gelowiges in gemeenskap met ander gelowiges moet leef, gegrond op hul aanvaarding, vergifnis en lewe wat in Christus gevind is.

Verlossing is 'n geskenk van genade deur geloof. Dit het die krag om enige en alle harte te verander, selfs dié wat lyk asof hulle volgens die wêreld se standaarde, te ver heen is. Wanneer ons op Jesus vertrou, verruil ons ons ou, gebroke lewens vir 'n nuwe en heilige lewe wat deur die Heilige Gees bekragtig word. Dit is waarlik die groot uitruiling en dit verander alles oor ons.

Wanneer ons leef met die kennis dat ons alreeds aanvaar en geliefd is, bevry dit ons daarvan om te strewe en te vergelyk. God roep ons om die “eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe,” (Efesiërs 4:3 AFR83) wetende dat ons een in Christus is en geroep is tot dieselfde missie om getuies vir God te wees, waar ook al ons onsself bevind.

Indien jy in 'n seisoen is waar jy jou sekuriteit in Christus bevraagteken, worstel om God se liefde te verstaan, jy nie die geluk ervaar van gemeenskap met ander gelowiges nie, of as jy selfs net bemoediging nodig het, is Efesiërs die plek om te begin.

Sluit by ons aan terwyl ons leer wat dit beteken om elke dag lewend in Christus te wees, wetende dat ongeag wat die lewe na jou kant toe kan gooi, jy geborge in Christus is.

Aangaande hierdie leesplan

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans