Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

DAG 36 VAN 43

Oordenkingsvrae:

1. Watter eienskappe van Christus sien jy in die Skrif? Watter is maklik om na te boots en watter is moeilik?

2. In watter areas van jou lewe vind jy dat Satan en die wêreld jou van Christus probeer wegtrek? Wie kan jy in hierdie stryd innooi om jou aan te moedig om Christus na te streef en in die lig te lewe?

3. Wie in jou lewe kan jy hierdie week bemoedig met die waarhede van die Skrif om hulle te help om wys te leef?

4. As jy getroud is, hoe kies jy om jou aan jou man te onderwerp en hom aan te moedig terwyl hy lei? Wie is 'n paartjie wat hierdie tipe verhouding modelleer waaruit jy kan leer? As jy enkellopend is, begin bid vir ander huwelike rondom jou.

5. Hoe kan jy begin om die kerk lief te hê en aan te moedig en Christus se leierskap daarbinne te eer?

Aangaande hierdie leesplan

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans