Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Memoriseervers vir die Week:
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
Efesiërs 6:12 AFR83
Uitdaging vir die Week:
Ons is elke dag in 'n geestelike stryd. Alhoewel ons aan die kant van die oorwinnaar is, probeer die vyand steeds om ons van koers af te bring in ons verhouding met Jesus. Dit is waarom ons geroep word om daagliks die wapenrusting van God aan te trek. Die gordel van waarheid en die swaard van die Gees is twee dele van die wapenrusting van God. Albei vereis van ons om die Woord van God in ons harte weg te bêre. Watter Skrifgedeeltes kan jy begin memoriseer om vas te kan bly staan teen die planne van die vyand? Jy kan begin deur die memoriseerverse vir hierdie studie te memoriseer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans