Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

DAG 38 VAN 43

Week 6 / Staan Vas in die Evangelie

‘n Liefdevolle Familie

Lees: Efesiërs 6:1-4

SOAP: Efesiërs 6:1

Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. AFR83

Oordenking

Tot dusver het Paulus die gelowiges geleer hoe om in die kerk en ook in hul huwelike op te tree. Hy brei nou sy onderrig uit na die verhouding tussen ouers en hul kinders, asook die verhouding tussen slawe en hul meesters.

Die Christelike huishouding is die mees fundamentele manier om Christus se liefde te deel en ‘n lig vir die wêreld te wees.

Net soos gelowiges God as hul Vader moet gehoorsaam, moet kinders ook aan hul vader en moeder gehoorsaam wees. Hierdie opdrag is die eerste keer in die Bybel as een van die tien Gebooie gegee (Eksodus 20:12). Om ons ouers te eer, beteken om respek, gehoorsaamheid en dankbaarheid teenoor hulle te betoon. Ouers doen hul bes om hul kinders lief te hê, te lei en te ondderrig om te kan floreer.

Dit beteken nie dat elke ouer perfek of selfs vriendelik is nie. Alhoewel alle ouers sondaars is, weet ons dat sommige nie liefde en sorgsaamheid betoon soos wat hulle moet nie. Ons is jammer as hierdie een van jou ondervindings was, of dalk nog steeds is. Weet egter dat jou aardse ouers se karaktereienskappe presies die teenoorgestelde is van jou Hemelse Vader. Hy is baie lief vir jou en gee baie om vir jou. Hy het aan jou ‘n nuwe familie in die kerk gegee, en Hy sien uit na die dag wanneer Hy vir ewig saam met jou kan wees.

Mammas, julle het ‘n baie belangrike rol gekry: om julle kinders lief te hê en om aan hulle te wys hoe om God getrou te volg. Om ‘n ouer te wees is ‘n reis, maar jy is nie alleen hierin nie. God stap dag vir dag die pad saam met jou terwyl jy jou familie liefhet en aanmoedig en aan hulle die waarheid verkondig.

Gebed

God, baie dankie vir verhoudings in families. Ek bid dat ek my ouers sal liefhê en eer, asook dat ek my kinders sal liefhê en hulle sal lei om U te ken. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans