Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

DAG 41 VAN 43

Die Wapenrusting van God

Lees: Efesiërs 6:13-18

SOAP: Efesiërs 6:13

Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. AFR83

Oordenking

Tydens Paulus se leeftyd was Rome die politieke mag van daardie tyd. Die Romeinse soldate het volle wapenrusting gedra wanneer hulle in oorloë geveg het. Paulus gebruik hulle wapenrusting as 'n beeld van die wapens wat aan ons gegee is in ons geveg teen die Satan en euwel.

Daar is ses dele van die wapenrusting van God: die gordel van waarheid, die borsharnas van vryspraak, die skoene as bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig, die skild van geloof, die helm van verlossing en die swaard van die Gees. Al hierdie dele beveg die brandpyle wat die vyand na ons toe gooi.

Let op dat die wapenrusting van God al die dele van 'n persoon se liggaam bedek. Ons is in 'n algehele aanval. Ons kan nie gedeeltelik bedek wees nie.

Let ook op dat die werktuie van ons wapenrusting kragtige dinge is waartoe ons reeds toegang het. Ons het regverdigheid ontvang deur Jesus se verlossing. Die evangelie moet die sentrale punt wees van alles wat ons doen. Ons geloof beskerm ons en help ons om vas te hou aan hoop te midde van teenspoed. Ons verlossing is vas en sekuur en kan ons help om die leuens van die vyand te weerstaan. En die Gees lei ons om op die aanval te gaan deur die Woord van God te gebruik om die taktiek wat daarop gemik is om ons weerloos te maak, af te vel.

Alhoewel hierdie geveg intimiderend en skrikwekkend kan klink, is jy toegerus om te veg en te wen. Gebed is die sleutel om vas te kan staan en met jou wapens te kan veg. Ons het 'n bevelvoerder wat betroubaar en effektief is en ons veg ook saam met ons broers en susters in Christus. Ons is 'n weermag wat nie gestop kan word nie, danksy Jesus.

Gebed

Jesus, dankie dat U vir my u wapenrusting gegee het om teen die planne van die vyand te veg. Ek bid dat U my sal versterk en my sal help om my wapens te gebruik sodat ek vas kan staan. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans