Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

DAG 39 VAN 43

Werk vir die Here

Lees: Efesiërs 6:5-9

SOAP: Efesiërs 6:7

Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. AFR83

Oordenking

Ons kom by ‘n ander teksgedeelte in Efesiërs wat vir ‘n 21ste-eeuse leser dalk baie verwarrend kan wees. Onthou, Paulus vra gelowiges om Christus te weerspieël in al hul aardse verhoudings.

Daar is ‘n paar dinge in hierdie gedeelte wat eers verduidelik moet word. Die slawerny waarvan Paulus skryf is nie ‘n slawerny waar iemand hanteer word as iemand anders se eiendom nie, maar eerder as ‘n mens met waarde en waardigheid. Gedurende Bybelse tye was slawerny baie anders. Baie mense was slawe en sommige het selfs verkies om slawe te wees, terwyl ander skuld afgewerk het. Wanneer Paulus dus vra dat slawe hul meesters met vrees en bewing moet gehoorsaam, vra hy hulle eintlik om hul meesters te eer en respekteer.

Vandag kan ons hierdie verhoudings vergelyk met dié van werkgewer en werknemer. In ons werkomgewings word Christene gevra om Christus te respekteer en nie net te probeer om die goedkeuring of lof van hul werkgewer of kollegas te kry nie.

In sommige opsigte maak hierdie uitgangspunt ons werk makliker. Wanneer ons nie ons eiewaarde baseer op ander mense se goedkeuring nie, stel dit ons in staat om met vreugde, doelgerigtheid en getrouheid te werk. Dit bevry ons ook van die strewe om die hoogste posisie te bereik.

Waar jy jou ook al bevind ─ in ‘n kantoor, hospitaal, skool, of jou huis ─ jou werk het ‘n hoër doel en ewigheidswaarde. God het jou spesifiek geplaas in jou werk om ‘n lig te wees vir jou medewerkers. Jesus sien jou werk en Hy is elke dag met jou daar waar jy werk.

Gebed

Jesus, dankie dat U my die geleentheid gee om te werk. Ek bid dat ek elke dag tot U eer sal werk en nie net vir ander se goedkeuring nie. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans