Geborge in Christus - 'n Studie van EfesiërsVoorbeeld

Maak die Geheimenis van die Evangelie Bekend
Lees: Efesiërs 6:19-24
SOAP: Efesiërs 6:19
Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. AFR83
Oordenking
Baie mense lees die slotwoorde van Paulus se briewe net vinnig deur. Dit bevat gewoonlik sy afsluitingswoorde, groetwense aan ander en verslae van sy vriende op sendingreise. God het hierdie woorde vir 'n rede in die Skrif bewaar en dit is baie toepaslik vir ons lewens vandag.
In Efesiërs 6:19 vra Paulus vir gebed dat hy die evangelie met vrymoedigheid kan verkondig soos dit vir hom opgelê is. Paulus wys ons dat ons sonder God se hulp, niks kan doen nie en dat ons konstant die evangelie op die voorgrond van ons gedagtes en ons lewens moet hou.
Dit kan baie maklik wees om selfvoldaan en gemaklik met ons missie te word. Ons missie is egter nie verby nie. Daar is steeds mense wat nog nooit vantevore van Jesus gehoor het nie. Daar is diegene wat herinner moet word aan God se liefde. Ander moet in die familie van God verwelkom word.
Die enigste manier hoe ons dit kan doen is om die hoop van Jesus Christus, die goeie nuus van die evangelie, te deel. Dit beteken dat jou werk nie klaar is nie.
Jy is gered deur genade en jy het 'n verhaal om te vertel. Soos Paulus sy metgeselle uitgestuur het om die waarheid van Jesus te deel met die kerke van hulle tyd, is jy ook uitgestuur om 'n ambassadeur van Christus te wees.
Ek bid dat die woorde van Efesiërs jou bemoedig en toegerus het om jou Verlosser, jou verhaal en jou missie te ken en om ten volle te leef soos Christus wil hê jy moet lewe.
Gebed
Jesus, dankie vir die woorde van Efesiërs. Ek bid dat U my elke dag die vrymoedigheid sal gee om die evangelie te deel waar U my ook al geplaas het. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die wêreld vertel ons dikwels dat ons ander mense se liefde moet verdien of dat ons daaraan moet werk om ander se liefde te wen. Christenskap draai egter hierdie idee op sy kop. In hierdie studie gaan jy vir ses weke lank reis deur die boek Efesiërs, waar jy sal sien dat ‘n lewe wat gebou word op die liefde, genade, vryheid, en vergifnis van die Evangelie, alles verander.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans