Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 11 VAN 40

Die gesprek van GEBED

HOE DIKWELS BEHOORT ONS TE BID?

In Handelinge 1 lees ons dat Jesus pas na die hemel opgevaar het en sy dissipels die opdrag gegee het om in Jerusalem te bly en vir die Heilige Gees te wag. Terwyl hulle op Jesus se belofte gewag het, het hulle gebid; hulle het saam en voortdurend gebid. Die dissipels het geweet dat hulle in deurslaggewende tye leef en het God deur gebed gesoek oor wat Hy op die punt was om te doen.

Hulle was verenig in geloof en in hulle gebede, terwyl hulle op dieselfde plek en tyd, met dieselfde liefde vir God, ontmoet het. Hierdie mense was passievol daaroor om die evangelie te versprei en hulle het vinnig vermeerder.

Paulus se briewe aan die vroeë kerk beklemtoon ook die belangrikheid van volgehoue gebed, en gee die kerk in Tessalonika opdrag om gedurig te bid (1 Tessalonisense 5:17) en moedig dié in Rome aan om getrou te bid.

Terwyl ons vandag Paulus se instruksies oor gebed oorweeg, sou dit teenstrydig wees met wat hy oor die onverdiende aard van God se genade skryf, as ons dit te wetties opneem. Laat ons eerder toelaat dat Paulus se woorde ons aanmoedig om 'n houding van gebed te kweek, wat gekenmerk word deur volharding en konsekwentheid, wat voortspruit uit 'n persoonlike verhouding met God en om deurgaans in sy teenwoordigheid te wees.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home