Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die Gesprek van GEBED
WANNEER OM TE BID
Al die groot herlewings in die verlede het een ding in gemeen — mense het vurig daarvoor gebid. In November 1949 in die Hebrides-eilande, was twee bejaarde vroue in hul 80's ontsteld oor die toestand van hul gemeente — geen jongmense het die kerk bygewoon nie. Hierdie twee vroue wou iets doen en het besluit om daaroor te bid. Hulle het twee keer 'n week van tienuur in die oggend tot drieuur in die middag bymekaar gekom. Hierdie vroue het die kerkleiers en ouderlinge genooi om saam met hulle te bid. 'n Paar weke later het die Skotse prediker, Duncan Campbell, die eiland besoek en kom preek. Tydens hierdie tyd het herlewing op Lewis-eiland uitgebreek en honderde mense het tot redding in Christus gekom. Op die eerste dag van die herlewing het 122 jongmense tot bekering gekom.
In dieselfde tyd verlede jaar, toe ons Hillsong-album opgeneem is, het ons Kreatiewe span 'n verbintenis gemaak om elke keer wanneer hulle hul tande borsel, vir die opname te bid. Dit was nie 'n vaste reël nie, maar net iets prettig wat die span besluit het om te doen om hulle te help onthou om elke dag (hopelik twee keer 'n dag) te bid! Sedertdien het die span dit vir elke gebeurtenis op die kerkkalender gedoen.
Is daar 'n daaglikse aktiwiteit wat jy kan gebruik om jou te help onthou om te bid? Kom ons besluit saam om gereeld vir God in gebed te vra om in ons nasie te werk!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home