Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die gesprek van GEBED
OPOFFERING
Om te "vas" beteken om jouself vir 'n spesifieke rede iets te ontsê. Wanneer Christene vas, doen hulle dit dikwels om hulle verhouding met God te verdiep. Deur ons vlees iets te ontsê waarna dit smag, kan ons toelaat dat kommunikasie met God ons eerder bevredig.
Wettisisme aangaande "vas" is nutteloos, want "vas" opsigself is nooit 'n einddoel nie, maar 'n geleentheid vir ons om ons genadige God eerste te stel. Nietemin kan "vas" 'n wonderlike manier wees om Hom op te soek en om sonder iets klaar te kom wat ons aandag van ons tyd met God in gebed kan aflei.
In die vroeë kerk sien ons dat hulle gevas en gebid het om van God te hoor en om in te tree vir Barnabas en Saulus (Paulus).
Daar word vertel dat William J. Seymour, die leier van die Azusastraat herlewing in Kalifornië in 1906, gereeld saam met 'n groep gelowiges bymekaar gekom het om te bid en te vas om die doping van die Heilige Gees te ontvang. 'n Paar dae nadat hulle begin vas het en heelnag gebid het, het William in tale begin praat. Die nuus het vinnig versprei en mense van oraloor gelok.
Om te vas verskil van persoon tot persoon, afhangende van verskillende dinge wat die Heilige Gees vir elke persoon vra om vir verskillende periodes van tyd op te gee. Dit kan sosiale media wees, TV, flieks, koffie, suiker, ens. Om te vas is om op 'n mooi manier vir jou vlees "nee" te sê en "ja" te sê vir die gees. Dit behoort ons fokus op God te plaas en nie die ding wat ons opgee nie.
Laat toe dat God jou aanspoor aangaande iets waarvan jy vir 'n tydjie moet "vas". Besluit om die ekstra tyd in gebed en in sy teenwoordigheid deur te bring, en te glo dat mense Hom sal leer ken.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home