Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 13 VAN 40

Die proses van REINHEID

WEES GETROU AAN DIE PROSES

Geen studie van herlewing is volledig sonder 'n bespreking oor reinheid nie, want dit is duidelik sigbaar in geskiedkundige verslae. Ongelukkig word die woord "reinheid" met ekstra "bagasie" geassosieer, insluitende oordeel en selfveroordeling. Daarom is dit belangrik om die woord "reinheid" te herdefinieer.

"Reinheid" — die selfstandige naamwoord wat gebruik word om iets wat 'n rein karakter het te benoem — is ooglopend nie 'n woord wat sondaars soos ons gebruik om onsself te beskryf nie. As sondaars wat egter deur genade gered is, is dit 'n goeie benaming vir die karakterontwikkeling wat in ons plaasvind as ons Christus se werk aan die kruis aanvaar en onderdanig is aan die werk van die Heilige Gees in ons.

Een van die mees bemoedigende bevindinge van herlewings soos die "Holiness Revival" (gaan google dit!) is dat reinheid duidelik nie die gevolg van 'n menslike poging is nie maar eerder die gevolg van mense wat 'n heilige God liefkry en waarlik 'n verandering in karakter ondergaan.

Na aanleiding daarvan kan ons sê dat God se ontwikkeling van reinheid in ons 'n proses is en nie 'n gebeurtenis nie. Dit gaan nie normaalweg gepaard met ligstrale en 'n wonderbaarlike karakterverandering nie, alhoewel dit kan gebeur en al gebeur het. Gewoonlik ontwikkel God reinheid in ons deur 'n proses, oor 'n tydperk.

En daarom is daar regtig net een ding wat ons kan doen wanneer ons "reinheid" in die lig van herlewing beskou: wees getrou aan die proses.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home